My Kersboodskap (Afrikaans)

 

My Kersboodskap.

 

Terwyl kersdag naderkom begin ek nadink oor die baie kersboodskappe wat ek moes preek in my jare van bediening. En ook na die wat ek na geluister het in al my jare as Christen.

Soos almal weet is  dit ook nou al jare wat ek nie meer bedien nie.

Maar kerstyd gaan nie oor my nie, dit gaan daaroor dat ons in hierdie tyd soos oudergewoonte klaar maak met die dinge van die ou jaar, net vir n oomblik terugsit, vakansie hou. Vriende en familie geniet, braai en geskenke oopmaak. En soos die gebruik hier in Suid Afrika, en miskien ook dwasdeur die wêreld is die jaar afsluit met n heerlike uitbundige partytjie, die nuwe jaar intel met afwagting en dan so na die 3de Januarie weer dit hervat wat ons die 15de, of die 22ste Desember net so laat los het. Sommige van ons het nie eers so n breuk gehad nie, hulle moes heeltyd werk om die ekonomie, wat nie vakansie hou nie, se koffers vol te hou.

Die skrif in Jesaia 9:5 is in my gedagte, inteendeel ek het vannoggend daarmee wakker geword.

JESAJA 9:5 AFR53

Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors

 

WANT N KIND IS VIR ONS GEBORE – As n n student van die mistieke (iemand wat God,  relegie en geloof n bietjie anders sien) laat dit my dadelik dink aan iets wat Meister Echart (13de eeu Dominikaanse Priester) gesê het

We are all meant to be mothers of God. What good is it to me if this eternal birth of the divine Son takes place unceasingly, but does not take place within myself? And, what good is it to me if Mary is full of grace if I am not also full of grace? What good is it to me for the Creator to give birth to his Son if I do not also give birth to him in my time and my culture? This, then, is the fullness of time: When the Son of Man is begotten in us.

–Meister Eckhart (1260-1328)

Oorvertaal in Afrikaans lees dit as volg:

Ons is almal bedoel om moeders van God te wees. Wat help dit vir my as hierdie ewige geboorte van die goddelike Seun onophoudelik plaasvind, maar nie in myself plaasvind nie? En, wat help dit vir my as Maria vol genade is as ek nie ook vol genade is nie? Wat baat dit vir my dat die Skepper geboorte gee aan sy Seun as ek nie ook geboorte gee aan hom in my tyd en my kultuur nie? Dit is dan die volheid van tyd: Wanneer die Seun van die mens in ons gebore word.

–Meister Eckhart (1260-1328)

Die sleutelwoorde vir my is die volgende :   - IN MY TYD EN KULTUUR.-

Ons hoor en hoor nou al so lank dieselfde ou boodkappies oor en oor van kansels af, van die WONDERBARE RAADSMAN, DIE STERKE GOD DIE EWIGE VADER DIE VREDEVORS.

Maar iewers hier in 2022 tussen die beurtkrag, die water tekort, die Covid 19 pandemie van nou die dag  die voortploeternde en sukkellende ekonomie , die poletieke onenigheid in die land, ervaar ons geensins, nie eers n bietjie of iets van hierdie woorde nie. Wereldwyd met die oorlog in Oekraiene, die politieke gemors in Amerika die ongevoeligheid van Rusland , (die Here alleenweet) verlang ons iets van hierdie  WONDERBARE RAADSMAN, DIE STERKE GOD DIE EWIGE VADER DIE VREDEVORS. Wat aan ons belowe is vir soveel jare lank, vannaf die wat sê dat hulle by die Here gehoor het.

MISKIEN IS DIT NOU TYD OM NA DIE MISTIKUSTE ONDERS ONS TE LUISTER.

ONS IS ALMAL BEDOEL OM MOEDERS VAN GOD TE WEES

  • Miskien moet ons nie meer wag vir Jesus om terug te kom aarde toe nie om ons te kom verlos van hierdie tragiese toestand wat ons as lewe hier op aarde ervaar.
  • Miskien moet ons met meer opregtheid in onse harte daardie gebed van Jesus (Die onse Vader) “laat u wil geskied op die aarde net soos in die hemel” m.a.w. miskien  moet ons geboorte gee aan God se Wil (wat dit ookal vir ons mag beteken)  hier op aarde
  • Miskien moet ons geboorte gee aan die GODSEUN in ons midde, deurdat ons almal aktief daaraan begin te werk, in die nuwe jaar om instrumente te word van vrede, kanale te word van liefde en wysheid sodat deur ons ook n nuwe  vorm van lewe (een van vrede, liefde en genade) hier op aarde kan heers

WAT HELP DIT VIR MY AS MARIA VOL GENADE IS AS EK NIE OOK VOL GENADE IS NIE?

Ek sê vir almal wat na my wil luister – die woorde “Jesus het jou lief” “God is n genadige God” en al die ander mooi woorde wat ons so gereeld van kansels af hoor is droë lee clichés as onsself nie die beliggaming van daardie woorde word nie

DIE WOORD HET VLEES GEWORD EN ONDER ONS KOM WOON. – LIEFDE GENADE EN VREDE MOET IN VANDAG SE TYD EN KUTUUR VLEES WORD EN ONDER ONS KOM WOON – Hoe gaan dit gebeur, deurdat ek en jy dit beliggaam.

Wat baat dit vir my dat die Skepper geboorte gee aan sy Seun - as ek nie ook geboorte gee aan hom in my tyd en my kultuur nie?

Ons is nie verniet die liggaam van Christus nie

“Om die wêreld werklik te verander, moet ons mense help om die manier waarop hulle dinge sien, te verander. Globale verbetering is 'n geestelike proses, nie een wat groot bedrae geld of 'n hoë vlak van gesag vereis nie. Verandering moet sielkundig wees. As jy dus werklike verandering wil sien, bly volhard in die opvoeding van die mensdom oor hoe eenders ons almal is as verskillend. Moenie net daarna streef om die verandering te wees wat jy in die wêreld wil sien nie, maar help ook almal rondom jou om die wêreld te sien deur gemeenskaplike eienskappe van die hart sodat hulle saam met jou wil verander. Dit is hoe die mensdom sal ontwikkel om beter te word. Dit is hoe jy die wêreld kan verander. Die taal van die hart is die mensdom se algemene gemeenskaplike taal.”

― Suzy Kassem, Staan op en groet die son: Die geskrifte van Suzy Kassem

Dit is tyd om weg te beweeg van ou uitgediende narratiewe, dit het tyd geword om eietydse nuwe narratiewe te begin skep.

Narratiewe waarin elkeen (elke mens +- 8 Biljoen) deel is van die verandering wat ons so graag in hierdie lewe. Dit maak nie saak watter ras, kultuur of godsiens ons voorkeur is nie. – ONS IS DIE MISTIEKE LIGGAAM VAN CHRISTUS……

- die beliggaming van Jesus, Buddha, Arjuna, Shiva, Lao Tse Tung, Confucious Dalai Lama, ek, jy, ons is almal inkernasies van dieselfde God en as ons almal saamstaan kano ns in ons tyd weer  opnuut geboorte gee aan hierdie eeu oue boodskap

Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors

 

Wie weet, miskien gaan ek tog weer eendag preek.

Vrede en liefde vir jul in hierdie kerstyd

Fanus

(Moderne Mistikus)

 

Comments